26 January 2011

Mooi fotos

Voor ons vakansiehuisie. Dae van rus en bos...


Grootste bederf was tog om op die berg te kon bly, op die leeu se stert soos ek vir Grootseun vertel het.

Hoekom bly ons dan nou in die "stad"? Ai.

24 January 2011

'n Nuwe Begin

Hier is ek weer by 'n nuwe begin.  Ek hou nie van 'n Nuwejaar as 'n nuwe begin nie.  Dis altyd so vol hoop en 2 weke later...  Ons almal weet.  Nee, ek begin nuwe beginne sommer op 21 Desember of 23 Januarie.  Dit werk beter vir my.
Ek het 'n blog, maar daardie blog werk nie vir MY nie.  Dis vir ander sake, kinders.  En nie ek nie.  Ek kan nie daar my hart uitpraat nie.  Dit hoort nie by daardie blog nie.  Ek het 'n blog oor my as ma, ek probeer daar, maar dit werk nie.
Nee, hierdie een is myne, waar ek kan probeer skryf oor dinge wat my as mens raak.  Oor idees, dinge en mense.  Oor goed wat my raak, oor wat my laat tick, oor my menswees.  Ook oor my kinders en ma-wees, maar in die minderheid.
Hoop dit werk vir my.

Kaalvoetjies (in die reen, in die sand, op die gras)

23 January 2011

Kaalvoetjies

Ek loop so graag met voetjies kaal,
Kaalvoetjies in die sand;
Ek speel so graag met water,
Met water buitekant.


Maar mamma roep my binne,
Sy sĂȘ ek mors te veel;
Ek wonder tog of iemand
Ooit sonder mors kan speel!


A.B.